Lodge verblyf naby die Etosha buite Outjo, Namibië
Outjo is minder as 'n uur se ry vanaf die Etosha Nationale Park. Etotongwe lodge bied n
bekostigbare alternatief vir huisvesting aan onafhanklik reisigers, kampeerders en
toer operateurs in die Etosha streek van Namibië. Namibiese gasvryheid, bed en ontbyt
verblyf met geriewe vir u ontspanning.
Etotongwe Lodge is in Outjo, Namibië geleë, 94km Suidwes van die beroemde toerisme
aantrekking, die Etosha Nationale Park. Die lodge is 'n oornag verblyf fasiliteit met al
die fasiliteite en kampeer plek om gaste op vakansie n heerlike onspanne kuier te bied.
Outjo is ideal as 'n basis wanneer u ekskursies na Etosha Nationale Park, Koakoveld en
Damaraland in die Noorde van Namibië beplan. Etotongwe Lodge kan langs die C38 gevind word
soos u Outjo verlaat in n Noordwestelike rigting na Okaukuejo, Khorixas en Kamanjab.
Vakansiegangers en Besigheidmense verkies Etotongwe wanneer hul in Outjo bly.
Ons is binne stap afstand van die dorp en baie sentraal tot toeriste aantreklikhede in
hierdie deel van Namibië.
Ons bied die volgende aan besoekers
LODGE
21 en-suite kamers
Lugverkoeling
Rolstoel vriendelike kamers
Restaurant / Kroeg
Publieke Kombuis
5ha Wildkamp
Swembad
WIFI Internet Hotspot
KAMPEERING - Vanaf 1 Februarie 2010
8 Individiele Staanplekke met gras
Elk met persoonlike Krag punt en Lig
Elk met persoonlike Water punt
Elk met Braai gerief
6 Warm en Koue water storte
5 Toilette en Urine krip
Sentrale Onderdak gerief +/-96m2
Sentrale Boesmanput Braai area
Die kampering is uiters geskik vir groepe en ontwerp om "Overlanders"
van tot 24 PAX met gemak te hanteer. Kontak ons vir pryse.
U is welkom om akkomodasie met u aankoms te versoek, ons kan ongelukkig slegs beskikbaarheid
waarborg vir vooraf bevestigde besprekings.
Besprekings moet vooraf bevestig word.
Ons verlang n 50% nie terugbetaalbare deposito om besprekings te bevestig.
Etotongwe Lodge poog om n veilige verblyf aan u en u bestings te verskaf, maar aanvaar geen verantwoordelikheid
vir enige beserings of verliese nie.
Ons beoog om n rustige verblyf in skoon en netjiese omgewing aan al ons gaste te bied en versoek u daarom om
tussen 16h00 en 20h00 in te boek op u eerste dag van verblyf en u kamer teen 11h00 op die laaste dag te ontruim.
Ons het wilde wesies wat ons versorg op die perseel en kan ongelukkig nie u troetediere toelaat nie.
DISCLAIMER
Informasie op hierdie webwerf is korrek en opgegradeer. Die akuraatheid of volledigheid van informasie, teks, grafiese toonstellings, verbindings of ander materiaal hier gevind
kan egter nie gewaarborg word nie. Etotongwe Lodge en die ontwerper kan nie verantwoordelik gehou word vir enige skade wat kan
voortspruit uit die aflaai van informasie of inhoud vanaf hierdie webwerf of vertalings daarvan.
Pryse, aanbiedings, dimensies of spesifikasies mag verander sonder vooraf notisie.
Ons word geassosieer met dievolgende instansies: (Klik om hul te besoek)